Thales van Milete

Thales van Milete
Gebore ca. 624 v.C.
Oorlede ca. 546 v.C.
Nasionaliteit Antieke Griekeland
Vakgebied Etiek, metafisika, wiskunde, sterrekunde
Bekend vir Thales se stelling
Thales se afsnit-stelling
Beïnvloed deur Babiloniese sterrekunde, Antieke Egiptiese wiskunde en godsdiens
Invloed op Pythagoras, Anaximander, Anaximenes

Thales van Milete (Grieks: Θαλῆς ὁ Μιλήσιος; * omstreeks 624 v.C. in Milete, Klein-Asië; † omstreeks 546 v.C.) was 'n Griekse natuurfilosoof, staatsman, wiskundige, sterrekundige en ingenieur.

Sedert Aristoteles word hy as die grondlegger van wysbegeerte en wetenskap beskou. Na hom en ander Griekse denkers, wat met hul werke die beginpunt van Westerse filosofie daargestel het, word na verwys as pre-Sokratiese filosowe. Thales word binne die bestek van pre-Sokratiese denke by die sogenaamde Milesiërs gereken.

Hy het by die Egiptenare geleer hoe om die hoogte van 'n voorwerp uit te werk deur dit te vergelyk teenoor die lente van sy skaduwee. Die Egiptenare het dit reeds geweet, maar hy het geglo dat jy niks kan weet voordat jy dit kan bewys nie. Hy was die eerste persoon om te bewys dat hierdie feit waar is. Hy het ook bewys dat die middellyn (deursnit) van 'n sirkel die sirkel in presies twee ewe groot halftes deel. Hy was 'n dosent, en hy het aan Pythagoras opleiding gebied.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne